fbpx
Just Africa Mission (JAM)
Him we Preach and Proclaim - Colossians 1:28

Om doeltreffendE stiltetyd in ’n gejaagde lewe te hê.

Die volgende vrae word altyd gevra by jeugkampe, konferensie en in persoonlike afsprake:

  • Wat is stiltetyd?
  • Hoekom hou mense stilteyd?
  • Wat benodig ek vir stiltetyd?
  • Wanneer hou mens stiltetyd?

Ons gaan in hierdie studie die vrae beantwoord.

Kom ons kyk na die gebeurtenis wat afspeel in Exodus 16. Lees verse 4,7,10b,14,15. Dit is warm in die woestyn en dis ‘n plek wat glad nie eens lewe toon vir die blote oog, wat nog om kos te voorsien. Maar hier het God in gegryp en die kwartels en manna voorsien. In vers 15 sien ons dat Moses vir die volk sê dat dit die brood is wat die Here vir hulle gee. En Jesus is ons brood van die lewe.

Daarom lees ons ook dat vroeg in die more, wanneer die doulaag opgetrek het, die manna daar was.

n Definisie van stiltetyd is die volgende:

Stiltetyd is ‘n kragbron vir elke mens se geestelike lewe. Hierdeur word die geloofsband tussen jou en jou Verlosser versterk, jy kry antwoorde op kwelvrae en krag tot oorwinning oor die versoekings en aanslae van die sielevyand.

Dit is die tyd wat jy spandeer met God om Hom beter te leer ken.

Godsmanne in die Bybel het juis dit in gemeen gehad, dat hulle tyd gemaak het om alleen met God te verkeer.

Dink aan Moses, Josua en Dawid. Met Moses het God gespreek soos iemand met ‘n vriend. (Ex 33:11)

Dawid se siel het na God gedors. (Ps 63:2)

Selfs Jesus het tyd gemaak om met God die Vader te verkeer. (Mark 1:35)

Daar was ‘n vaste patroon wat Jesus gevolg het wanneer Hy stil geraak het en hierdie patroon kan nagevolg word:

Kies ‘n vaste tyd. Die beste tyd was en is in die oggend vroeg.

Kies ‘n vaste plek. Jesus het of die berg of die tuin verkies.

Volg ‘n vaste patroon van Bybellees. ‘n Baie belangrike les wat ek geleer het is om notas te maak en ‘n geestelike joernaal te hou vir elke dag.

Sluit af in gebed. Dank die Here en aanbid Hom vir Wie Hy is.

Charles Kingsley het geskryf: "Dit is nie die duisternis waarheen ek gaan nie, want God is lig. Dit is nie die eensaamheid nie, want Christus is by my, dit is nie ‘n onbekende land nie, want my opgestane Here is daar met my.”

Dit is die Here wat vir my wag in die binnekamer, Matt 6:6.

Ons moet besef dat God vir ons elke dag vars manna wil gee. Hoekom? Sodat ek elke dag ‘n nuwe en vars ontmoeting met die Here kan hê  (1 Kor 1:9)

Die mense het ‘n verwagting gehad om die manna elke oggend te ontvang en so moet my verwagting wees.

Ek wil die woord STILTETYD gebruik om die belangrikheid van stiltetyd uit te lig.

S- Stil word

Stil word beteken om jouself voor God in so posisie te plaas dat jy heeltemal van die wêreld afgesny is.

Psalm 62:6

Saul wou nie rustig word oor sy pa se esels nie en Sameul het hom tot stilstand gebring:

1Sam 9:27

Moenie bekommerd wees oor ander om jou nie, sit jou eers voor God om stil te word en te luister. Die bekende gedeelte van 2 Sam 5:24, vertel ons van die balsembosse. Dawid moes stil word om die gedruis van die voetstappe in die balsembosse te hoor. Word stil en konsentreer op God.

T- Tyd neem

Ek moet besef dat Jesus Sy beste vir my gegee het, daarom wil Hy die beste van jou tyd neem. Dis ‘n opoffering om niks minder as jou beste vir Jesus te gee. Dit is die enigste tyd wat jy gemeenskap met God kan hê. Mrk 1:35 / Luk 5:16

I- Intellegent met die Bybel omgaan

Die Bybel is die padkaart vir my lewe. In die Psalms word die woord (wat verwys na God se gebooie) 47 keer gebruik en 27 keer alleenlik in Psalm 119.

Ps 119:9 / Ps 119:11 / Ps 119:105

Die beste beskrywing vir God se woord is 2 Tim 3:16.

Maar ons vergeet so gou vers 17: sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk toegerus wees. As ek nie myself toerus nie kan ek nie staande bly teen die duiwel nie. Onthou dat die duiwel Skrif gebruik het om Jesus te versoek (Luk 4:1-13).

In die vroëe geskiedenis van Amerika, het meeste van die leiers die Woord van God as die hoogste outoriteit geag. Hier is ‘n paar aanhalings: Andrew Jackson: "Daardie boek, meneer, is die rots op wat ons republiek rus." George Washington: "...dit is onmoontlik om die wêreld regverdig te regeer sonder God en die Bybel." Charles Dicksen: "Die Nuwe Testament is die beste boek wat ooit geken of erken sal word in die wêreld." Horace Greeley: "...dit is onmoontlik om sielkundig of sosiaal ‘n Bybel-leser te verslaaf."  Pres. Woodrow Wilson: "Ek vra elke man en vrou in die gehoor dat ons vandag sal besef dat deel van die eindbestemming van Amerika lê in die daaglikse noukeurige studie van die Boek (Bybel)."

Om die Bybel te lees en die “instruksies” te volg sal jou instaat stel om Christus te vind as jou algenoegsame Verlosser. Verder sal gereelde studie van die woord, jou vrese verminder, jou aptyt verlaag vir leuens, verneukery, diefstal, immoraliteit en enige sonde. Jy sal die ware vrede, vreugde, blydskap en liefde in jou lewe ervaar.

L- Leer ‘n teks

Mens sal nogal baat vind deur die memorisering van ‘n teks wat vir jou baie beteken het. Jy sal verbaas wees hoe daardie teks by jou sal opkom in tye van nood of wanneer jy met ‘n ander persoon praat. In vervolgde lande memoriseer hulle elke bladsy van die Bybel wat hulle in die hande kan kry. (2 Tim 4:9 / 2 Tim 2:11 & 15)

T- Teken aan

Kry vir jou ‘n joernaal of notaboek waarin jy alles wat die Here vir jou uitwys in die Skrif neerskryf. (Deut 6:6-8)

E- Eerlik met jouself

Dit is ontsaglik belangrik om nie net eerlik te wees met God nie, maar ook om eerlik met jouself te wees. As die Here vir jou iets wys in jou lewe wat nie so hoort nie, dat jy sal erken en dit reg maak. (PS 32:8 / Job 23:10)

T- Toenadering tot God

Jak 4:8 / Heb 4:16

Y- Ysbreek fase

Dit is die punt wat jy bereik in jou stiltetyd wat jy bewus is van God se teenwoordigheid en die Here toelaat om met jou te praat. Ons is so geneig om die Here dood te praat dat ons nie toelaat dat Hy met ons praat nie. Lees die Woord noukeurig deur om sodoende die Heilige Gees kans te gee om in jou hart te werk.

D- Deeglike Gebed

Sluit af met Gebed.  Jak 5:16b

Evang<br />elism
Tools, tips & guidance

Evang
elism

Reach out to your community. There are many ways to spread the Gospel of Jesus Christ, we show you how and equip you with the necessary tools.
Go to page
Bible<br />Study
Material & Guides

Bible
Study

A growing range of Bible studies and study guides is available for group or individual study. Make disciples!
Go to page
Arti<br />cles
English & Afrikaans

Arti
cles

We offer a large collection of written material on various topics. These can be used as sermon notes, for Bible study and group studies as well as your own edification.
Go to page
Mis<br />sion
Africa Mission

Mis
sion

Church planting, growth, and leadership training. We support church communities in Malawi and Mozambique.
Go to page

Evangelism

Reach out to your community
Many people today say, "Why should I win souls?" "Isn't the preacher supposed to do that?" Yes! He is but so is every Christian.
Order Gospel Tracts
eBooks

eBooks

All eBooks are FREE, there are English as well as Afrikaans books available. Click the button below to browse the available electronic books.

eBooks

End Times

Bible prophecies show us exactly the predicted direction today’s events are taking. And for those who make time to study Bible prophecies, you can see that developments in our world today point in only one direction – the Second Coming of our Messiah, the Lord Jesus Christ, to establish His Kingdom on earth.

Featured Articles

Monday, July 10, 2023 False Teachers & Doctrine 1260
Why I Left the Charismatic Church Madelein Wolfaardt I grew up in “happy-clappy” churches. My family church-hopped a bit when I was in primary school. In high school, we got more and more involved in churches that followed the Word of Faith movement. They often invited big names from overseas. We would attend these prophetic or healing and miracle services. We also watched tapes of their so-called ‘Revival meetings’.